Die gewilde Skooldagboek 2026 vir meisies het interaktiewe inhoud met kenmerke soos twee dae per bladsy, met spasie vir voog se handtekening en die skoolkwartale en openbare vakansiedae vir Suid-Afrika, Namibië en Botswana. Interessante feite, grappies, cool dinge om te probeer en veiligheidswenke op elke blad, maak die 210 x 142mm sagteband boek 'n moet vir elke skoolmeisie.