Bybel-vasvra is ’n kaartspeletjie ontwerp om jou Bybelkennis uit te brei met prettige vrae. Bring kwaliteit-tyd saam deur as gesin met meer as 580 vrae oor Ou- en Nuwe- Testamentiese karakters, voorwerpe en gebeurtenisse, plekke, syfers en algemene feite van die Bybel. Dit is ideaal vir enige speletjiesaand, asook vir gesinne, Bybelstudie groepe, jeugwerkers en Sondagskool.